Tuisblad Produkte Kontak ons  
 
     
     
   

 

Trio Sagteware

1998 tot 2024
 

Hoekom Trio Sagteware?

  • Ons gee 100% gratis telefoniese bystand.
  • Die sagteware het 'n baie eenvoudige gebruikersvriendelike uitleg wat almal kan verstaan
  • Ons luister na terugvoer van die gebruiker en pas ons produkte aan na hulle behoeftes
  • Geen beperking op die hoeveelheid diere wat jy kan byvoeg nie of enige ander beperking op hoeveelhede nie
  • Werk op Windows XP, Windows Vista en Windows 7
  • Ons verslae kan op enige drukker druk.
  • Indien jy enige van ons sagteware aankoop mag jy dit op 2 van jou rekenaars installeer.
 

 

 

Wat sê ons gebruikers?

Anton van Wyk van Wesselsheim, Bethlehem
Trio Bees gebruiker vanaf 15 Apr 2008

As deeltydse boer was kuddebestuur 'n groot kopseer aangesien jy nie kan presteer indien jy nie weet wat op die telbord verskyn nie. Triobees maak dat ek presies weet hoe lyk my telbord om so effektief te boer met uitstekende na-verkoopsdiens. Ek kan dit ten sterkste aanbeveel
 
Vic Steijn van Libanon Melkery h/a Econo Feeds.  (Sel : 082 390 5477)
Trio Melk gebruiker vanaf 7 Jan 2008

"Ons het van Triomelk gehoor by n vriend en dit toe aangeskaf, WAT N PLESIER! N program wat werk, gebruikersvriendelik is en ons baie gehelp het met die bestuur van ons Suiwel Switser Stoet. Kalfdatums, KI datums, netjiese verslae en grafieke waarna ons elke dag kyk om te help met effektiewe bestuur. Dankie Triomelk en ook dankie vir julle voortreflike diens en bystand!"
 
Johan Pretorius van Ottosdal
Trio Melk gebruiker vanaf 1 Apr 2004

Jy kan net wen met Triomelk

My melk aankoper het verskeie vereistes aan ons gestel in verband met die boekhouding van bestuurs inligting van die melkery. ek het op die internet van Triomelk gelees en besluit om dit te probeer vir my melk boekhouding. Toe ek met die mense in aanraaking kom het ek besef dat dit 'n baie goeie produk is en dadelik die program aan gekoop. Ek kan u verseker dat dit 'n aanwins vir my melkery was. ek het die program sedert 2004 en was nog nie 'n dag spyt nie. Die program is maklik verstaanbaar en het baie gehelp met my dag tot dag bestuur van die melkery. Verslae en grafieke maak die program nog meer doeltreffend. Die program kan maklik aangepas word vir jou spesifieke behoeftes. Naverkope diens is ook uitstekend en die mense is altyd beskikbaar en behulpsaam. Ek kan nie melk sonder Triomelk nie. Dankie Triomelk !!
 
Hanré van der Merwe van Bronkhorstspruit
Trio Melk gebruiker vanaf Junie 2002

Ek verwys graag na die Triomelk program wat vir ons 'n uitstaande hulpmiddel vir ons melkery is. Dit vergemaklik die beplanning, rekordhouding en beheer van alle aspekte van die melkery. Dit is wonderlik om al die inligting op jou vingerpunte te he. Hartlike dank vir die uitstekende naverkoop diens wat julle ook nog vir ons gee.
 
Tertia Wheeler van Biesiesvlei
Trio Melk gebruiker vanaf 1 Maart 2004. Trio Boeke gebruiker vanaf Maart 2010

Ek gebruik die trio melkprogram al ‘n hele klompie jare. Dit vergemaklik my werk baie. Die diens is 100% As daar ‘n probleem is met wat ek graag wil laat verander word daaraan aandag gegee. Die diens is uitstekend. Ek het ook die boekhou program vir ‘n toets tydperk en dit vergemaklik dinge baie. Het geen kennis van boekhou nie, het met ‘n Exel program gewerk. Die program is werklik uitstekend.
 

 

 

 
   
  Ontwikkel deur Zure Technologies