Tuisblad Produkte Kontak ons  
 
     
     
   

Trio Melk

Trio Melk stel die gebruiker instaat om in n oogwink die bewegings in sy kudde te monitor.
Die program is ontwerp om melkaantekeninge elektronies te stuur en te ontvang na die IRIS stelsel.
Funksies op die program sluit in :

  • Melkproduksie: Om elke dier se lewering te evalueer en ook om die hoeveelheid melk per melktenk te kan sien.
  • TKP: Alle afwykings sal die boer kan sien. Hou rekord van die hoeveelste laktasie, bul of verskalfies, geboorteafwykings soos aborsies en doodgebore.
  • Uitskotdiere: Die boer kan n beeld kry van diere wat uitgeskot word met die uitskotrede, bv dood en waaraan die dier gevrek het.
  • Voorgeslag en nageslag van diere: Om te kan sien wie die voorgeslag was en ook die nageslag van n dier.
  • Fotos van diere kan ook op die program bewaar word.
  • Veearts en inenting: n Geskiedenis van siektes en inentings in die kudde kan opgebou word.
  • Voerkostes: Die voerverbruik en die voerkostes van elke dier of van n groep diere.
  • Kalender: Diere se bewegings vertoon op die kalender (soortgelyk aan die wiel wat in die stal gebruik word)
 

  Prys : R 2 800.00
of
Afbetaalbaar oor 6 maande



Lees ook wat s ons gebruikers
 
   
  Ontwikkel deur Zure Technologies